Boek Buddies

Waarom skole ons vertoning bespreek:

  • Boek Buddies laat die karakters in die boeke lewendig word. So bemark ons nie net die Afrikaanse taal nie, maar ons wys vir kinders dat lees lekker kan wees!

  • Suksesvolle vertonings vir die afgelope 8 jaar.

  • Menigde, kleurvolle kostuums.

  • Nuutste tegnologie - multimedia om leerders se aandag te behou.

  • Musiek met professionele toerusting.

  • Professionele akteurs.

  • Waarde vir geld!

Ons vertonings:

Junior Vertoning: Hierdie vertoning bestaan uit vyf Afrikaanse kinderboeke wat opgevoer word vir die ouderdomsgroep Graad R – Graad 3.


Senior Vertoning: Hierdie vertoning is vir die ouderdomsgroep Graad 4 – Graad 7 en is saamgestel uit uittreksels van vyf Afrikaanse boeke.

Meer oor die vertoning

Boek Buddies moedig leerlinge deur middel van drama aan om meer te lees. Uittreksels word uit boeke geneem en dit word op ’n interessante en energieke manier opgevoer om leerders se belangstelling te prikkel.  Die hele boek word egter nie opgevoer nie, leerders se nuuskierigheid word geprikkel en sodoende aangespoor om self die boeke klaar te lees.​ Boek Buddies laat die karakters in die boeke lewendig word en die leerders kan met die karakters identifiseer wanneer hulle die boeke weer op hul eie lees.

Kostes: ‘n Minimum bedrag per vertoning is van toepassing. Kontak ons vir meer inligting.

Betalings: Die skool is verantwoordelik vir die invordering van die totale bedrag. Betalings moet d.m.v ‘n elektroniese oorplasing gedoen word.  Alle betalings moet voor of op die dag van die vertoning gemaak word.

Boeke: Uittreksels word uit verskillende boeke geneem.

Copyright © 2021 Redhead Productions | All Rights Reserved by Redhead Productions.